Lys van lande volgens Menslike-ontwikkelingsindeks

Die onderstaande lys van lande volgens Menslike-ontwikkelingsindeks is afkomstig uit die Verenigde Nasiesontwikkelingsprogram se Menslike-ontwikkelingsverslag 2007/2008, saamgestel op grond van 2005 data en gepubliseer op 27 November 2007. Dit dek 175 VN-lidlande (uit 192), asook Hongkong (SAR van China) en die Palestynse Administrasie-geadministreerde gebiede. 17 VN-lidlande is nie ingesluit nie as gevolg van gebrek aan data. Die gemiddelde MDI van gebiede van die Wêreld en groepe lande word ook ter vergelyking verskaf. Die Menslike-ontwikkelingsindeks (MDI) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, onderwysvlak, en lewenstandaard vir lande wêreldwyd. Dit is 'n standaardmetdode om welstand, veral kinderwelstand, te meet. Dit word gebruik om te onderskei of 'n land 'n ontwikkelde, ontwikkelende of onder-ontwikkelde land is, en om die impak van ekonomiese beleide op lewensgehalte te meet. Die indeks is in 1990 deur die Pakistanse en Indiese ekonome Mahbub ul Haq en Amartya Sen ontwikkel. Lande val in drie breë katergorieë gegrond op hulle MDI: hoë, medium, en lae menslike ontwikkeling.


Developed by StudentB